Categorized | Vaal News

Om jou brein gesond te hou is belangrik

Net soos wat jy jou liggaam gesond moet hou, is dit ook belangrik om te sorg dat jou brein gesond bly sodat jy na die beste van jou vermoë kan funksioneer. Gelukkig kan jy jou brein gesond hou met ‘n leefstyl wat ook jou liggaam gesond sal hou. Profmed Medical Scheme gee die volgende raad:
* ‘n Goeie dieet wat vry is van kosse wat hoë cholesterolvlakke bevat, is belangrik om te verhoed dat jy later in jou lewe seniel raak.
ΓÇ£GoeieΓÇ¥ cholesterol soos Omega 3 en 6 kan egter help om jou breinselle te beskerm, en ook jou kanse kleiner maak om ΓÇÿn hartaanval of beroerte te kry. Kosse wat goed is vir jou brein sluit in kersies, bessies, appels, kerrie, eiers, sadientjies, oesters en kakao.
* Jou brein het, net soos jou spiere, oefening nodig. Wiskundige- of woordspeletjies is ‘n goeie manier om daardie breinselle aan die gang te hou. Jy kan ook ‘n goeie boek of die nuus lees. Ure voor die TV stimuleer ongelukkig nie regtig jou grysstof nie. Besonder goeie breinoefening sluit in die aanleer van ‘n nuwe taal of mu­siekinstrument.
* Jou brein het positiewe sosiale interaksie nodig. Dit is belangrik dat jy in verskillende situasies met verskillende mense kommunikeer. As jy vind dat daar nie genoeg mense in jou lewe is nie, sluit gerus aan by ΓÇÿn klas in iets waarin jy belangstel, of raak betrokke by vrywilligheidswerk.
* Stres is een van die grootste moordenaars van ons tyd. Maak seker dat jy genoeg tyd kry om te ontspan.
* Volgens navorsers moet jy sewe ure of meer slaap per nag kry. As jy sukkel om te slaap is dit belangrik om hulp te kry.
* As jy vermoed dat jou geestesgesondheid nie na wense is nie is dit belangrik om jou dokter te gaan sien, dit is lankal nie meer iets om oor skaam te wees nie. Baie probleme kan met ΓÇÿn leefstylverandering of medikasie reggestel word.
Bron:  Vaalweekblad