Categorized | Vaal News

Glimlag!

‘n Mens glimlag omtrent ‘n halfmiljoen keer in jou lewe. Die gemiddelde mens glimlag omtrent 26 keer per dag, 9 490 keer in ‘n jaar en sowat 446 030 keer in jou volwasse lewe tussen 18 en 65 jaar. Diegene wat so gelukkig is om 100 jaar oud te word, sal ongeveer 778 000 keer in hul lewe glimlag. Maar nou vir die slegte nuus: ‘n oorsese tandepastevervaardiger, Biorepair, het onlangs navorsing laat doen en die resultaat wys dat ons glimlaggies helfte van die tyd vals is! Ons glimlag 47% van die kere uit pligsbesef, selfs wanneer ons gemoedstemming in werklikheid “af” is. Ons sit ook soms ‘n skynglimlag op wanneer ons ‘n ander persoon op sy gemak wil laat voel of wil beïndruk, selfs al voel ons glad nie daarna om te glimlag nie. Die navorsing het verder ook bevind dat sommige mense dit vermy om te glimlag omdat hulle selfbewus is oor hul skewe of lelike tande. Hoe ookal, ons kan gerus die kenners se raad in ag neem waar dit by lag kom: as ‘n mens lag of glimlag, selfs wanneer jy allermins daarvoor lus het, kierang jy jou brein, wat dan endorfiene (‘n opkikkerhormoon) laat vrystel sodat jy uiteindelik régtig vroliker voel.
Bron:  Vaalweekblad