Chris is reeds sedert 1974 betrokke by die Christelike boek-industrie toe hy die CH Johnson Boekwinkel in Marklaan oopgemaak het. In 1975 het hy Christian Art gestig en eienaarskap van Christelike Uitgewersmaatskappy in 1989 oorgeneem.
Christian Art en Christelike Uitgewersmaatskappy, wat ook internasionale bande het, het oor die jare verskeie werksgeleenthede vir mense van die Vaaldriehoek gebied. Daar is tans 220 werknemers by die hoofkantoor in Vereeniging en meer as 500 werknemers in die Cum-boekwinkels landwyd.
Die kantore in Hongkong, Brisbane, Australië en Chicago in die VSA het 50 werknemers in diens. Chris belê jaarliks in die gemeenskap deur middel van beurse ten bedrae van R500 000; 39 leerlinge, vier universiteitstudente en agt teologiestudente geniet Christian Art se finansiële ondersteuning. Three River Lodge en Villa Anna Sophia waarvan Chris die eienaar is, het tydens die Sedibeng-distriksmunisipaliteit se 2013 Toerisme-toekennings die silwer toekenning ontvang in die kategorie vir luukse akkommodasie en huisves gemiddeld 650 gaste per maand waarvan sowat 30 persent oorsese besoekers is.
Die Villa se restaurant, Anna’s Kitchen, het die goue toekenning gekry in die kategorie restaurante en meer as 5 000 gaste besoek die restaurant maandeliks.
Chris Johnson is verseker ‘n man wie se wortels diep in die Vaaldriehoek gegrawe is en wie se hart uitgaan na die mense van die gemeenskap.