VEREENINGING – Op sondag 2 Mei gaan die lugruim bokant Vereeniging ‘n miernes van bedrywigheid wees wanneer die Vaal Radio Flyers hul vaardigheid met hul modelvliegtuie gaan toon.
Alle liefhebbers van lugvaart en radio-beheerde modelvliegtuie word deur die klub genooi om in die feesprogram te kom deel.
Vaal Radio Flyers het in Mei 2007 na ‘n nuwe perseel in Hunterville net buite Vereeniging geskuif. Die klub l├¬ regs van die ingang na Lethabo-kragstasie.
In die afgelope drie jaar het die klub aansienlik gegroei en het tans 140 lede. Vaal Radio Flyers het ‘n ryk geskiedenis met ervare vlieeniers en die klub bestaan reeds vanaf 1959.
Op 2 Mei gaan daar van 10:00 af tot laatmiddag lekker gekuier en gesels word oor hierdie interessante stokperdjie wat deur oud en jonk beoefen kan word. Vlieeniers sal beskikbaar wees om belangstellendes se vrae oor die stokperdjie te beantwoord.
“Wanneer iemand by ons klub aansluit word hy ten volle tegnies ondersteun en deur gekwalifiseerde instrukteurs opgelei om te vlieg” s├¬ mnr Nico Oosthuizen, ‘n ywerige lid van die klub.
‘n Program propvol lug-aktiwiteite deur die klub se modelvlieeniers word vir die dag beplan, asook aanskoulike verbyvlugte en lugvertonings van regte (volskaalse) vliegtuie.
Mikroligte vliegtuie en Gyrocopters sal ook deur die loop van die dag by die klub land en uitgestal word. Valskermspringers sal ook die middag te sien wees. Gesinne kan ook gereed maak vir ‘n smaakfees wat onder meer ‘n skaapbraai en ander ou staatmakers soos boereworsrolle insluit. Daar sal ook koeldrank en water te koop wees. Toeskouers kan ook kaartjies koop om ‘n kans te staan om ‘n Garmin GPS en ander pryse te wen. Skakel Tim King by (016) 986 0606 of Charl Jooste by 082 881 4939 vir nadere besonderhede en padaanwysings.
Nuusbron: (Mooivaal Media ΓÇô Ster)