VANDERBIJLPARK. – Dis altyd te vroeg vir moedverloor. D┬ít het die Chileense flaminke by die Emerald Animal World onlangs bewys toe hulle na nege jaar se gebrek aan sukses, verlede maand daarin kon slaag om ‘n kuikentjie uit te broei.
Dit is die eerste keer sedert die opening van die Emerald Animal World in 2001 dat ‘n Chileense flaminkkuiken deur sy ouers grootgemaak gaan word. Di├⌐ vo├½ls toon ‘n groot ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse flamink en is internasionaal as ‘n bedreigde spesie gelys.
Die opwinding het gedurende Februarie en Maart opgelaai toe besoekers en personeel aan die Animal World, die flaminke se paringsrituele soos gesinchroniseerde danse, begin opmerk het. Die gevolg was dat ‘n hele paar wyfies eiers gel├¬ en begin broei het. Die eerste kuiken het pas uitgebroei en vyf ander broeipare wag steeds geduldig dat hulle eerstelinge hul verskyning moet maak.
Flamink-wyfies lê gewoonlik net een eier en albei ouers maak sowat 27 tot 31 dae beurte om te broei voordat die kuiken uit sy dop kruip.
Volgens Angeliné Cronjé-Schwan, kommunikasiebeampte van Suid-Afrika se Nasionale Dieretuine (NZG), is dit nog nie seker waarom die Animal World se flaminke soveel jare gesloer het om met gesinne te begin nie.
“Aanvanklik was hulle duidelik nie tevrede met hul taamlik openbare broeiplekke nie. Danksy ‘n skenking van sout en kleigrond deur Corobrik, het die flaminke vanjaar met mening begin om nuwe broeiplekke op meer beskutte plekke te bou,” s├¬ sy.
Personeel van die Animal World het ook nie stilgesit nie en alles in hul vermo├½ gedoen om die flaminke tuis te laat voel en in die regte “stemming” te bring om te begin broei. Personeel het selfs spie├½ls in die flaminke se leefruimte ge├»nstalleer om die illusie van ‘n groter swerm vo├½ls te skep, wat voortplanting blykbaar aanmoedig.
Flaminkkuikens spog gewoonlik op twee jaar reeds met ‘n pragtige pienk-wit veredos, maar hulle is eers op 6-jarige ouderdom gereed om voort te plant. Flaminke in dieretuine kan maklik tot 40 jaar oud word.
* Besoek die Emerald Animal World gerus om die voëls en talle ander dieresoorte van naderby te sien. Skakel (016) 982 8175 vir meer besonderhede.
Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad