Die toernooi dra dieselfde gewig as die Khaya Majoja Coke-week en die PG Bisonweek en is ‘n voedingsaar vir Suid-Afrikaanse krieket wat deur Krieket Suid-Afrika gekoester word.
Tydens die eerste toernooi in die Goudstad is daar besluit dat die Vaaldriehoek voortaan amptelik as Gauteng Platteland aan die toernooi sal deelneem. Daar is glo planne in die pyplyn om ‘n soortgelyke week vir o/15-spanne op die been te bring. Dit behoort ‘n groot leemte in Suid-Afrikaanse-skolekrieket te vul en ‘n onuit-putbare voedingsaar vir die spel te word.
Die provinsies wat vanjaar van 9 tot 14 Desember in die Vaaldriehoek hulle krieketvernuf gaan uitstal is: Gauteng, Griekwas, Vrystaat, KwaZulu-Natal kustelike gebiede, Noordwes, Boland, OP kustelike gebiede, OP Platteland, Grens Villages, Grens Platteland en Kei o/19 en Kei o/17.
Die spanne sal in die koshuise van die Hoërskool Vereeniging en General Smuts High School tuisgaan en die wedstryde sal op velde regoor die Vaaldriehoek kragte meet.
Bron: vaalweekblad.com