Categorized | Uncategorized

Vet pret by Hersa se vetvee veiling

VANDERBIJLPARK. РVaal Afslaers se jaarlikse vetvee-veiling wat Saterdag 24 Maart gehou is, was groter en beter as vorige jare. Vele boere het van heinde en v̻r gekom om met net die beste te spog.

Sommige het met ‘n lekker prys weggestap. Hansie Muller van Viljoenskroon het talle pryse ingepalm. Hy het veral aandag getrek met ‘n agtjarige Simbra-os, wat die skaal op 1.360kg laat kreun het. Die os is opgeveil teen R17 400. So ‘n os kan 10 tot 15kg voer en 100 liter water per dag verorber.

Verskeie beesrasse, skape en pluimvee het belangstellendes se aandag getrek en sommige hardkoppige bulle het vir baie pret gesorg. Heerlike tuisgebak was beskibaar en verskeie stalletjies met intressante items is dearsdeur die dag bedryf.

Die dag is afgesluit met lekker kuier om groot vure met Charles Rudd as gaskunstenaar.

Die pryswenners vir die dag was:

Swaarste skaap: Pieter Carraro; Beste groep van 10 lammers: Louise Claasen; beste groep van 5 skape: Jan-Paul Pretorius; swaarste bees: Hansie Muller; swaarste groep van 3c grade: Hansie Muller; grootste hoender: mev. T. Mocke; wenner van lootjietrekking: Johan Aarden.

Bron: vaalweekblad.com