Categorized | Uncategorized

Terug skool toe na weddenskap

VANDERBIJLPARK – Letichia Jordaan van Stargate Auto in Vanderbijlpark moes noodgedwonge op 17 Mei haar ou skoolklere werk toe aantrek nadat sy ‘n weddenskap verloor het.

Sy is ‘n finansi├½le en assuransie administrateur by die maatskappy en het nogal met haar baas, mnr. Ulli Richter, ‘n weddenskap aangegaan dat die Blou Bulle die kragmeting op 15 Mei teen die Stormers sal wen. Sy het maandag met haar skoolklere by die werk opgedaag want “Blou bulle chicken nie uit nie.”

“Die Blou Bulle wen altyd,” s├¬ Jordaan. “Maar hulle was die keer die B-span.”

Kli├½nte en mede-kollegas het dit geniet en lekker gelag. Richter kan egter bly wees dat Litichia die weddenskap verloor het, anders sou hy soos ‘n vrou werk toe moes aantrek.

Nuusbron: Mooivaal Media – Ster