Categorized | Uncategorized

Suzuki se verlore seun keer terug

VANDERBIJLPARK. ΓÇô Die viertrekvoertuigmark is waarskynlik een van die mededingendste segmente binne die Suid-Afrikaanse motorbedryf, maar een ding is seker – dat die terugkeer van Suzuki se Verlore Seun, die Grand Vitara, ΓÇô na ΓÇÖn afwesigheid van vier jaar -┬á ΓÇÖn groot makietie geregverdig het.

Vaalweekblad het onlangs die voorreg gehad om die Grand Vitara 3.2 V6-vlagskip van hoek tot kant deur te draf.
Die wakker V6-enjin (3 195 cc) spog met dubbele bo-nokaste per silinderry en die 24 kleppe spog ook met VVT-kleptydreëling. ’n Vyfgang-outomatiese ratkas is die enigste ratkaskeuse in die geval van die 3.2 V6-model, maar selfs vir diegene wat voorstanders van handrat-voertuie is, sal dié seepgladde outomatiese ratkas jou hart wen.
Veelsydigheid is die voertuig se hoofkaraktereienskap en as sportnutsvoertuig is die Grand Vitara ΓÇÿn volbloed veelterrein-voertuig wat ewe tuis in Sandton of Sodwana is.
Met ΓÇÖn gevorderde vierwiel-aandryfstelsel en elektroniese skakeling is die kies van die verkillende 4×4-verstellings kinderspeletjies.
Die voertuig se kragstuur is presies en gesofistikeerd, om nie eens te praat van die veerstelsel (volledige onafhanklike vering: MacPherson-stutte, kronkelvere en ΓÇÖn teenkantelstaaf), onderstel (wat ΓÇÖn meerskakel-as insluit) en ABS-remme wat ΓÇÖn vyfster-rit tot gevolg het. Ritgerief is prioriteit nommer een en selfs oor robuuste en harde oppervlaktes sal selfs ΓÇÖn houer eiers na ΓÇÖn egte 4×4-rit ongedeerd op die agterste sitplek wees. Die Suzuki-stelsel gebruik ΓÇÖn wringkrag-sensitiewe middelste teenglip-ewenaar wat na gelang van padtoestande en bestuurstyl die krag moeiteloos tussen die voor- en agterasse kan verdeel. Vir meer uitdagende terrein kan die middelste ewenaar gesluit word, om so vir nog beter klouvermo├½ en stabiliteit te sorg.
Die voertuig se kajuit is ruim en die luukse leerbekleedsel en swart houtafwerking is ΓÇÖn lus vir die oog. Die voorste komsitplekke is toegerus met iets waarmee elke voertuig kan doen… verhitters wat op ΓÇÖn yskoue dag baie welkom is om jou agterstewe te ontdooi. Wat veiligheid betref is ESP-stabiliteitsbeheer, en voor-, kant- en gordynlugsakke die vernaamste daarvan.
Daar word mos beweer dat mans altyd seuns bly en dat hulle speelgoed slegs duurder word. Wat “gadgets” betref, sal die Grand Vitara se sleutelvryebedryfstel – ΓÇÖn sleutelsender pleks van ΓÇÖn gewone sleutel ΓÇô die kind in elke man wakker maak. Die voertuig kan slegs aangesluit word as die sender binne die kajuit is. Indien die sender in die voertuig agtergelaat word, kan die voertuig nie gesluit word nie. Indien die sender in jou broeksak of onder jou handsak l├¬, is dit ook nie ΓÇÖn probleem nie. Sodra die sender binne 800 mm van die voertuig kom, druk jy net die swart knoppie op die handvatsel en siedaar.
Wat die klimaatbeheer-lugreëlstelsel, uitleg en funksionaliteit van die binneruim betref, kan mens net sê manjifiek. Die klankstelsel sluit ’n MP3-voorlaaier met ’n interne sesskyf-magasyn in en word aan ’n totaal van sewe luidsprekers gekoppel.
Wat die estetiese betref, is die Grand Vitara die Mienkie van der Westhuizen van viertrekvoertuie. Die Vitara spog met ’n glimlag soos min; voeg daarby allooivellings met ’n deursnee van 18 duim, dakrelings, buitespieëls met geïntegreerde rigtingaanwysers, ’n kleurbypassende noodwieldeksel en voorste misligte en wat wil ’n man meer hê? Een ding is seker: die koppe gaan draai.
Die aanbevole kleinhandelspryse vir die Grand Vitara-reeks is onderskeidelik R269 900 en R282 900 vir die 2.4 handrat en automatiese reeks en die vlagskip behoort jou R323 900 uit die sak te jaag.
Om na ’n week se bestuurplesier die Grand Vitara vaarwel toe te roep, het die uwe onwillekeurig aan die bekende balkon-toneel uit Shakespeare se Romeo en Juliet laat dink waar Juliet sê: “Parting is such sweet sorrow.” Dit is jammer om die voertuig te sien gaan, maar ’n troos dat ek haar eendag wéér sal sien.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad