Categorized | Uncategorized

Suurstofterapie benodig vir beter lewensgehalte

VANDERBIJLPARK. – Len├⌐ van Wyngaardt het hiperbaliese suurstofterapie nodig om haar lewensgehalte te verbeter. Len├⌐ is 28 weke prematuur gebore en het slegs 1 kg geweeg. Na narkose later in haar lewe waartydens sy ‘n suurstoftekort opgedoen het, is haar brein beskadig.

Sy is tans 14 jaar oud en ‘n leerling van die June Nicholls Skool vir serebraal gestremdes, en dit is vir haar baie moeilik om te loop.
“Sy het op die ouderdom van drie jaar oud hiperbaliese suurstofterapie ontvang, en ek kon na ses behandelings ‘n verbetering sien,” s├¬ haar ma, Michelle.
Hiperbaliese suurstofterapie is ‘n mediese behandeling waar ‘n pasi├½nt in ‘n ruimte geplaas word waar hy honderd persent suurstof inasem. Dit is in ‘n omgewing waar die druk sowat 20% ho├½r is as in die atmosfeer. Dit kan onder meer die liggaam se weerstand teen infeksies opbou, breinswelling verminder en wondgenesing bevorder. In kort beteken dit dat beskadigde breinweefsel herstel kan word.
Len├⌐ se dokter het vir haar 40 sessies voorgeskryf, teen R650 per sessie. Die gesin het nie ‘n mediese fonds nie en is tans besig om fondse in te samel sodat Len├⌐ vir die behandeling kan gaan. Enigiemand wat ‘n bydrae wil maak, kan vir Michelle kontak by 082 720 3258.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad