Categorized | Uncategorized

Rugby fabriek vir Vaal

VEREENIGING. – Die Rugby Factory bestaan sedert 2009 en word deur JP Smit en Wayne Meyer bestuur, twee kondisionerings-ghoeroes wat al by die Blou Bulle Rugby-unie se kondisionering-programme betrokke was.

Met ‘n groter visie vir die Vaaldriehoek en die ondersteuning van die Valke is daar besluit om die akademie tot die Vaal uit te brei.
Vaalweekblad is die amptelike mediaborg.

Die akademie se oogmerk is om kinders wat potensiaal toon die geleentheid te gee om ontwikkel te word met ‘n program vol praktiese spelvaardighede en bio-meganiese toetsing deur sportwetenskaplikes.

Dit is ‘n suiwer rugby georiënteerde ontwikkelingsprogram wat in ‘n beroepsomgewing die geleentheid bied om die kind ten volle te ontwikkel.

Die Rugby Factory beoog om maatskappye te nader vir borgskappe. Sosiale ontwikkeling wat onder BEE se vlerk val is nog ‘n hoofdoelwit. Die visie is om kinders te ontwikkel, sodat die beste spelers in die Vaal geïndentifiseer kan word.

Die Rugby Factory is Boksmart geletterd en funksioneer heeltemal onafhanklik van skole.
Die projek word amptelik op 1 Junie by Biekiebos in Vereeniging aan die skole en besighede bekendgestel.

Daar is heelwat Blou Bul-, Leeus- en Valke-rugbyspe-lers wat die funksie gaan bywoon. Mnr. Jurie Coetzee, uitvoerende hoof Valke-rugbyunie, die voorsitter van die Varsity Cup en nog heelwat rugbyklubs sal die geselligheid bywoon.

Vir meer inligting oor die funksie of die Rugby Factory skakel Elmarie Capes by 083 990 0023.

Bron:  vaalweekblad.com