Categorized | Uncategorized

ROOI DRAKE BESOEK DIE VAAL

VEREENIGING. – Die Walliese o/16- en o/19-krieketspanne vir dogters het die afgelope week ‘n voorsmakie gekry van hoe sterk vroue-krieket in die Vaaldriehoek en die res van Suid-Afrika is.

Die Rooi Drake se nasionale o/16 en o/19-spanne het verlede week onderskeidelik op NWU Vaal en Verref se velde teen Gauteng te staan gekom.

Hoewel wydlopers en ekstras so algemeen soos gras is, het die besoekers gou besef dat die plaaslike wilgerlatswaaiers hulle storie ken. Die Vaaldriehoek is ook met onderskeiding deur Bianca Botha en Yolandi Jacobs, Alicia Rudolf, Jamie Davis, Chené Bester en Jessica Engelbrecht verteenwoordig.

Vroue-krieket in Suid-Afrika is onge-twyfeld nog steeds in sy babaskoene, maar daar is reeds groot treë in die regte rigting gegee.

Die hand van gehalte afrigting is hier en daar te bespeur, maar indien die sy van die spel wil groei, sal daar baie meer geld, tyd en blootstelling ingeploeg moet word.

Ongeag alles wat gedoen moet word voorspel die jongelinge se spelpeil en vernuf met die wilgerlat groot dinge vir vroue-krieket se toekoms. Die uitslag van die onderskeie kragme-tings was teen druktyd nie beskikbaar nie.
Bron:  vaalweekblad.com