Categorized | Uncategorized

Raadslid sit hand by tydens stakings

MEYERTON. – ‘n Plaaslike Midvaal-raadslid, mnr. Phil Pretorius, het onlangs vrywillige diens by die Kopanong-hospitaal in Vereeniging verrig tydens die landwye staking.

“Met die stakings deur onderwysers en verpleegsters is die land in chaos gedompel. Die wet is duidelik oor die regte van werkers en wie mag staak en wie nie, asook die voorwaardes oor wie wanneer mag staak. Die meriete van bogenoemde aspekte is nie hier ter sprake nie, maar wel die opoffering van die gemeenskap om mense se lewens te red,” s├¬ Pretoius.
“Na talle dreigemente by skole en sterftes in hospitale het gemeenskappe begin ingryp en het inwoners na hospitale gestroom om van hulp te wees. Ek het besluit om ook ‘n verskil te maak, deur my dienste by die hospitaal aan te bied,” s├¬ hy.
“Dit maak nie saak wat jy glo of dink van die stakings nie, die feit bly staan dat ‘n lewe belangriker is as enige iets anders. Ek ken net die basiese stappe in noodhulp en is dalk meer van ‘n gevaar as hulp wanneer dit by mediese hulp kom, maar daar was baie administratiewe en derglike take waarmee ek kon hand gee,” s├¬ Pretorius.
“Dit was vir my belangrik om die spesialiste by te staan deur die alledaagse dingetjies van hulle hande af te neem. Dit het vloere en skottelgoed was, vullisverwydering, pille pak en aflewerings ingesluit,” s├¬ hy.
“Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om baie dankie te s╦å aan al die ander vrywilligers wat ek in die gange raakgeloop het. Dit is mense soos julle wat werklik ‘n verskil maak,” s├¬ Pretorius.