Categorized | Uncategorized

Pretdag vir Kinders

SASOLBURG. – Wat is die eerste ding waaraan jy dink as jy die volgende woorde hoor: Springkastele, boere­sport, gesiggies verf en lekkertjies? ‘n Pretdag vir kinders, natuurlik!

En dit is wat Helpende Hande van moeders beplan vir 200 kindersorg kinders.
Hulle beplan soveel pret as moontlik, maar hulle het die gemeenskap se hulp nodig.
Hulle is op soek na donasies vir die springkastele, iemand wat kan gesiggies verf, koeldrank en lekkers, wors, rolletjies, ballonne en geskenkies vir die skattejag!
Hulle het reeds ‘n fantastiese skenking gekry, die geleentheid om dié heerlike dag by ‘n vakansieoord genaamd Rocky Ridge in Parys te geniet.
Enige hulp en ondersteuning sal waardeer word! Kontak Treska van de Venter by   (016) 971-3879  of 071 197 8455.

Bron:  vaalweekblad.com