Categorized | Uncategorized

Padwedloop weer ‘n hoogtepunt

SASOLBURG – Die Wonderwater/NG Kerk Vaalpark se jaarlikse padwedloop was vanjaar weer ‘n hoogtepunt met ongeveer 300 atlete wat aan onderskeidelik die 21.1 en 10 km deelgeneem het.

Comrades voorbereiding
Baie atlete gebruik die wedloop vir hulle laaste voorbereiding vir die Comrades Marathon. Verskeie atlete van Sasolburg, Vaalpark, Vereeniging, Vanderbijlpark en Meyerton het aan die wedloop deelgeneem.

In die mans 21.1 km┬áwedloop was Jacob Mazibuko eerste met ‘n tyd van 1:13:20. Tweede was Sampie Mokgate (Nedbank) 1:14:06 en derde Fhusi Nkutha (Nedbank) met ‘n tyd van 1:14:47.

In die vroue-afdeling (21.1) was die uitslae soos volg: Florence Mobasva (Mittal) 1:42:40 was eerste, tweede Janet Chalmers (Midas) 1:47:02 en derde Cecelia Shields (Sasol) 1:49:20.

Nuusbron: Mooivaal Media – Ster