Categorized | Uncategorized

NWU vaal op wenkoers

VANDERBIJLPARK. – Die NWU Vaal-rugbyklub het Saterdag op sy tuisveld amper skoonskip gemaak in sy kragmetings teen Benoni in die Predator-liga.

Die studentespanne het vier van die vyf kragmetings gewen.
Die studente se eerste span het ondanks twee geelkaarte daarin geslaag om met 17-9 te seëvier.

NWU Vaal se o.19-span is steeds onoorwonne en beklee tans die eerste plek in die Predator-kompetisie. NWU Vaal speel eerskomende Saterdag weg teen Raiders.

Nog uitslae:
Tweede spanne: NWU Vaal 17, Benoni 14; derde spanne: Benoni 27, NWU Vaal 24; o.21: NWU Vaal 24, Benoni 10. o.19: NWU Vaal 31, Benoni 0.

Bron: vaalweekblad.com