Categorized | Uncategorized

Nuwe wet gaan gewentenlose motorverkopers vasvat

Eerlike motorverkopers het min te vrees van die Verbruikersbeskermingswet (Consumer Protection Act) wat in April in werking tree, maar dit voorspel swaar tye vir handelaars wat tot dusver met gewetenlose truuks weggekom het.

Volgens mnr. Marthinus Strydom, bemarkingsdirekteur van die McCarthy Group, gaan die wet beslis meer verantwoordelike motorhandel in Suid-Afrika tot gevolg hê. Hy sê ‘n sleutelelement van die nuwe wet is dat die koper in sekere omstandighede die reg gaan hê om goedere na die handelaar terug te neem vir ‘n volle terugbetaling. Dit is ‘n algemene reg en is van toepassing as die verbruiker, nadat hy ‘n produk ontvang het, vasstel dat dit nie is wat hy bestel het of wat deur die handelaar geadverteer is nie.Wat dít beteken, is dat die vervaardiger, invoerder, verspreider en handelaar seker moet maak dat die betrokke produk aan die kwaliteitvoorskrifte voldoen soos wat deur die verbruikerswet uiteengesit word. Indien nie hieraan voldoen word nie, sal die koper die reg hê om binne ses maande na die transaksie steeds die volle koopsom terug te eis. Nog ‘n interessante punt is dat die verbruiker die keuse sal hê of hy die produk waarmee hy ontevrede is, wil laat regmaak, wil laat vervang of die koopsom terug wil hê.

Indien die koper besluit om dit te laat herstel en dieselfde (of ‘n nuwe) probleem verskyn weer binne drie maande, sal die koper die reg hê om die volle koopsom terug te eis. Volgens Strydom kan dit ernstige gevolge vir die motornywerheid inhou omdat al sulke herstelkoste vir die handelaar se rekening gaan wees. Volgens Strydom kan voornemende voertuigkopers voorkom dat hulle ‘n kat in die sak koop:

* Maak seker jy verstaan wat die totale koste van die voertuig vir jou gaan wees.

Sodoende sal jy nie later onaangenaam verras word nie.

* As jy ΓÇÿn gebruikte motor wil koop, koop by ΓÇÿn handelaar met ΓÇÿn goeie reputasie. As jy bekommerd is oor die geskiedenis van die voertuig, laat dit nagaan deur voertuigkenners soos die Automobiel Assosiasie (AA).

* Maak seker die handelaar is ΓÇÿn lid van die RMI (Retail Motor Industry).

* Vra vrae as jy onseker is. ΓÇÿn Koper het die reg om ten volle ingelig te word oor alle aspekte van ΓÇÿn voertuig voordat jy die transaksie beklink.
Bron: Vaalweekblad