Categorized | Uncategorized

Meer as 20% mense het rustelose bene

Onlangse navorsing dui daarop dat sowat 23% mense in Westerse lande aan “rustelose bene-sindroom” (RBS) ly. Dit is heelwat meer as die 3% tot 10% wat voorheen gerapporteer is.

Rustelose bene-sindroom veroorsaak ‘n onaangename sensasie in ‘n mens se bene terwyl jy in ‘n rustende toestand is. Die gevolg is ‘n onbeheerbare behoefte om die bene aanhoudend te beweeg. Die oorsaak van die toestand is onbekend, maar navorsers vermoed dat dit verband hou met ‘n oormaat of tekort aan die beweging-beherende breinchemikalie, dopamien. Hulle baseer diΓÇÜ aanname daarop dat die toestand gewoonlik goed reageer op medikasie wat dopamien bevat.
Navorsers het ook bevind dat die toestand sowat vier keer meer by witmense as by swartmense voorkom en sowat vier keer meer by vroue as by mans.
Verdere ondersoeke word gedoen om te bepaal of dit slegs met genetiese geneigdheid, kultuur of dieet verband hou.
Risiko-faktore wat daarop dui dat ‘n mens dalk RBS kan ontwikkel, is rheumato├»ede arthritis en ‘n gebrek aan yster. (Bron: Reuters Health).

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad