Categorized | Uncategorized

Manne, sê jul sê

Goed, ons almal weet mans en vroue verskil, selfs al is die meeste van ons s├│ geprogrammeer dat ons eintlik baie van mekaar hou. Waarom is daar dan alewige haakplekke en wat kan vroue doen om die Adamsgeslag minder te irriteer?
Ons het ‘n paar mans gevra wat die grootste irritasiepunte is en hier is van die antwoorde:

1) Moet my nie onderbreek as ek praat nie.
As ons saam met vriende kuier, laat my toe om my jagstorie te vertel sonder om tussen-in kommentaar te lewer of om my reg te help oor tye en plekke se name. Bly stil en luister, al verveel ek jou.

2) Besluitloosheid.
Jy lyk mooi in die blou, wit, roomkleur- of roesbruin bloes. Kies enigeen wat jy raakvat of vat almal. Moet net nie so sloer nie, die ruby gaan begin.

3) Alewige diëte.
Hoe moet ons dit verstaan as julle slaaiblare as hoofmaal bestel en agterna ‘n dubbel-karamel fudge-poeding? En agterna wil huil omdat julle geen deursettingsvermo├½ het en nooit gaan maer wees nie? Los die di├½te en begin geniet julle kos sodat ons almal vrede kan h├¬.

4) Moenie aandag trek in die openbaar nie.
Gepraat van restaurante: Is dit regtig nodig om die volume vol oop te draai as jy die kelner wil betig omdat die sous te dik, die vleis te gaar of die garnale te rou is? Doen dit diskreet en rustig sonder om die hele gesin in rooi tamaties te laat verander met die hoogste volume van jou sopraanstem. En moet onder geen omstandighede met my rusie maak in die openbaar nie.

5) Jy’s liewer vir jou ma/hond/vriendin as vir my.
Ons manne gaan vang naweke vis of kyk rugby saam met die ouens sodat julle kan ‘bond’ met jul honde, katte, ma’s en vriendinne. Gun minstens Saterdagaande of Sondae volkome net vir ons, al het ons ‘n bier-asempie.

6) Jou foon is belangriker as ek.
Jy en jou vriendinne het gisteraand ‘n ladies’ night gehou. Vanoggend het jy ‘n uur met een oor die foon geklets. Is dit regtig nodig om die res van die dag ook met hulle op MXit te gesels?

7) Alweer laat.
As ons ‘n afspraak het, begin betyds klaarmaak. Dis sieldodend om in die kar te sit en wag terwyl jy jou oorbelle, ‘n ander handsak, sonbril of ‘n ‘beter mood’ soek.

8) Kuier klaar.
Wanner ons ons vriende by die motor groet, moenie ‘n nuwe kuier in die oprit begin nie. Julle weet dis deesdae die ideale plek vir kapings.

9) Moenie aan jou klere vroetel in die openbaar nie.
Om aan jou ritssluiter of knope te begin torring in die openbaar is ‘n verleentheid vir my. Nog meer so as jy skielik aan MY hempsknope begin karring omdat jy nou eers sien een wil afval. Ek het jou lankal gevra om dit vas te werk. Om te maak asof jy dit nou die eerste keer opmerk, flous niemand nie.

10) Moenie preek nie.
Goed, ons almal maak foute en mans is geen uitsondering nie, al is ons meestal reg. Vee die woorde: “Ek het jou mos ges├¬” uit jou woordeskat uit. Aanvaar dat ons lief is vir julle, met al jul foute. Al wat ons wil h├¬, is ook net ‘n bietjie liefde en aanvaarding.

Hoe voel die manne hieroor? Het jy ‘n irritasie om te noem wat nie hier gelys is nie? SMS jou mening na 41913. SMS’e kos R1-50. Maar wees versigtig hoor: volgende week is dit die vroue se beurt om te kla!

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad