Categorized | Uncategorized

Ledigheid lei tot vandale se werk

Hendrik van Sasolburg skryf:
Die Sokkerwêreldbeker is nou verby en sekere besighede het munt daaruit geslaan terwyl ander skade gely het.
Dit blyk dat die lang skoolvakansies maar vervelig geword het vir ΓÇÿn sekere groep persone.

Skielik is daar talle van die groenstroke se ligte wat nie meer werk nie of nog erger, die hele lighouer is verwyder. Die munisipaliteit kan nie hierdie soort van vandalisme  bekamp of bekostig nie. Om so ‘n lighouer plus arbeid te vervang, kos seker bykans R600 per lig.
Ouers moet asseblief hulle kinders versoek om te help om die skuldiges te identifiseer en te rapporteer. Daar is ook mense wat graag so ‘n persoon of persone sal wil raakloop. Daar is ‘n waarborg dat hulle ook meer stukkend as die ligte sal wees, daarvoor  sal moet betaal en moontlik met ‘n kriminele rekord ook sal kan spog.
Mense moet besef dat almal sal moet saamwerk om ons dorp en land ΓÇÿn beter en skoner plek te maak.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad