Categorized | Uncategorized

Jy kán n mooier glimlag hê

SASOLBURG. ΓÇô Danksy tegnologie is dit nie net Hollywood akteurs wat met spierwit, volmaakte tande kan spog nie.
Deesdae kan tandartse tande vervang, tande witter maak en afgesplinterde tande herstel deur ΓÇÿn verskeidenheid van kosmetiese tandheelkundige prosedures wat tandbleiking, porseleinvenere, implantante, binding en kroon- en brugwerk insluit.
Daar word ook al hoe meer klem gelê op die uiterlike en al hoe meer mense verkies om hul voorkoms te verbeter deur bloot ’n mooier glimlag met behulp van kosmetiese tandheelkunde.

Terwyl die meeste ander gebiede van tandheelkunde gerig is op die herstel van tandheelkundige probleme, is die fokus van kosmetiese tandheelkunde suiwer esteties van aard ΓÇô en verrig boonop wondere vir selfvertroue!
Tandartse kan gebruik maak van ΓÇÖn verskeidenheid tegnieke om ΓÇÖn pragtige glimlag te verseker.
Algemene kosmetiese tandheelkundige opsies sluit in: Tandbleiking – Daar is drie maniere waarop tande witter gemaak kan word: laserbehandeling, spreekkamerbleiking en tuisbleiking. Bleiking in die spreekkamer – Gekonsentreerde bleikmiddels word in die spreekkamer aangewend. Porseleinvenere – ΓÇÖn Keramiekdop word aan die voorkant van die tand aangebring vir witter tande. Tandheelkundige implantate – ΓÇÖn Kunstand word gebruik om ΓÇÖn natuurlike tand te vervang. Binding – ΓÇÖn Tandkleurige materiaal word aan die tand gewend. Dit kan gepoets en gevorm word om soos die res van die tande te lyk. Tandheelkundige krone – ΓÇÖn Dop word gebruik om verrotte of stukkende tande te herstel. Die dop word gevorm om soos jou tande te lyk. Br├╗e – Twee of meer krone dra een of meer valstande om ΓÇÖn opening te vul waar daar ΓÇÖn tand kort kom. Die krone word op die tande aan weerskante van die opening geplaas en deur die valstand, wat netjies in die opening pas, verbind.
Behalwe bogenoemde prosedures, is daar nog ’n onderafdeling van kosmetiese tandheelkunde, naamlik ortodontiek (draadjies). Dit word deur ortodontiste gebruik om skewe tande reguit te maak of ’n onreëlmatige gebit te herstel.