Categorized | Uncategorized

Jesus Leef-Fees Meyerton

MEYERTON – Die Jesus-leef Fees vind plaas in Meyerton op Sondag 30 Mei by die sportterrein van Dr. Malan in Meyerton.

Die doel van die fees is om die koninkryk van Jesus te laat groei.

“Ek glo almal sal met my saamstem dat Satan soos n brullende leeu rondloop en hy is besig om jongmense, huwelike, families en vriendekringe te verslind, want hy het gekom om ons vreugde en blydskap te steel, maar Jesus het gekom dat ons die lewe kan he en dit in oorvloed,” se Santie van Tonder, organiseerder van die geleentheid.

Skole, kerke en organisasies word aangemoedig om betrokke te raak by die fees. Dit gaan n heerlike familiedag wees. Daar gaan onder meer kosstalletjies, uitstallers met geestelike items, helikoptervlugte, valskermspringers, mallemeule en “rainbow inflatables” wees. Die bekende gaskunstenaars wat gaan optree is Freda Francis, Nedine Blom (Super Cool Kids vir Jesus), Bobby van Jaarsveld met band en Louis Britz. Dit is n geleentheid om beslis nie mis te loop nie!

Stalletjies is gratis beskikbaar. “Dankie vir instansies wat reeds as borge optree en mense van wie skenkings ontvang is. U is besig om te saai in God se Koninkryk,” se Santie.

Vir meer inligting, kontak Santie by 073 181 4096. Hou ook Vaalweekblad en Ster dop en luister na IFM 102.2 vir meer besonderhede.

(Nuusberig met dank aan Mooivaal Media – Ster)