Categorized | Uncategorized

Industriele suier maak myn weer veilig

VEREENIGING. – ‘n Vereenigingse verskaffer van industriële suiers, Kemfied Homogenizing, het in opdrag van Vision Environmental Protection, ‘n mobiele suigeenheid gebou waarmee tonne vlermuismis vanuit die onaktiewe uraanmyn in Vanrhynsdorp in die Kaap verwyder moet word.

Volgens mnr. Ingo Kempkes, tegniese direkteur van die maatskappy, is die suigkrag van die toestel ter waarde van sowat R1,2 miljoen, 2 500 bar en 4 000 kubieke voet per minuut. Die vlermuismis sal in groot houers onder in die myn geberg word en met ‘n sementvloer bedek word.

“Die mis is ook radio-aktief en moet in die houers geseël word,” vertel hy.

Die skoonmaakproses sal na verwagting meer as drie maande duur waarna die myn weer vir produksie oopgestel sal word.

C&I Homogenizing is ‘n familiesaak wat reeds die afgelope 33 jaar in die land droog-suiers en toerusting voorsien.

Bron: vaalweekblad.com