Categorized | Uncategorized

Hoop vir armes in die ysige winter

Talle mense in die Vaaldriehoek sit steeds vasgevang in die greep van armoede en werkloosheid, wat die snerpend-koue wintermaande ΓÇÖn bitter ervaring vir di├⌐ in nood maak. Die Lochvaal Emfuleni Welsyn en Gesinsorg se hooftaak is om sulke mense te help, maar die ondersteuning van die publiek wat ‘n helpende hand kan uitreik, is dringend noodsaaklik. Carpe Diem en Vaalweekblad se fonds om minderbevoorregtes, veral kinders by te staan, is steeds in volle gang.

Met die stygende koste kan al minder mense voorsien in hul eie of hul gesin se basiese behoeftes. Al meer arm, honger mense wat talle babas en kinders insluit, mishandeldes, verwerptes en bejaardes bevind hulle by dié sentrum van hoop.
Meeste van dié mense kom yskoud en honger daar aan met hulpelose oë wat opkyk na die sentrumwerkers vir uitkoms en hulp. Hoewel die welsyn alles in hul vermoëns doen om in die reuse-behoefte te voorsien, sal die diens onmoontlik wees sonder die publiek se finansiële steun.
Elke bydrae help hulle om hul werk beter te kan verrig en hoop te bied aan talle. Geen donasie is te klein nie en enigiets van babadoeke, vuurmaakhout en blikkieskos tot skoonmaakmiddels kan ‘n groot verskil maak in di├⌐ mense se lewens. Reik uit, gaan koop iets, lewer dit af by die sentrum en help iemand in nood.
Die volgende items word veral dringend benodig:
* Vuurmaakhout en steenkool vir die gaarmaak van voedsel.
* Babamelk (S26 nr. 1 asook Lactogen 1 & 2 of NAN 1 & 2).
* Babadoeke (medium, groot en ekstra groot), volwasse doeke (medium en groot) en Ensure-voedseldrankies vir die verswakte bejaardes.
Verder is daar regdeur die jaar ΓÇÖn behoefte aan:
Groente, vleis, sopmengsel, soppoeier, rys, macaroni, brood, toebroodjiesmeer, kruideniersware, skoonmaakmiddels, toiletware, komberse, gordyne en beddegoed.
Enige donasies ten bate van die Carpe Diem Media/Vaalweekblad Kinderfonds word met ope arms verwelkom en is van belasting aftrekbaar. Die belastingvrywaringsertifikaat sal op aanvraag aan skenkers verskaf word.
Besoek die Lochvaal Emfuleni Welsyn en Gesinsorg gerus by 161 Nanescol (Rusticana-pad; “4th Avenue” op jou GPS) of skakel (016) 987 1948 vir nadere besonderhede.

* Geldelike inbetalings kan gedoen word aan:
Carpe Diem Media/Vaalweekblad Kinderfonds; Absa Bank Vanderbijlpark; Tjekrekening: 405 677 3506 begin_of_the_skype_highlighting              405 677 3506      end_of_the_skype_highlighting, Tak: 632005.
* Lochvaal Emfuleni Welsyn en Gesinsorg bedank graag die volgende skenkers vir hul ondersteuning:
Carpe Diem Media; Vaalweekblad & Ster, B Blessed; Clinker Supplies, Dv. Rei, SA Block, Aqua Vac, AMG Engineering, E.R. Gal, Waterplan, Drs. Van Heerden en PA, Dr. P. De Bruyn, Dr. R. Van Huyssteen, Elca Engineering, Roto Engineering Supplies, Vanderbijl Hydraulics, Methodist Church, A. De Villiers, A. Krause, T. Fraser, Edelweiss, L. Leibach, Kok, SM. van Heerden, A. Burger, C. & L Potgieter, Frans & Nettie en alle kontantdepositoΓÇÖs. Indien u ‘n skenking gedoen het en u naam nie in die lys verskyn nie, skakel as (016) 987 1948.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad