Categorized | Uncategorized

GEEN SON VIR VDBP-INTERLAERS

VANDERBIJLPARK. – Weens die naweek se uitgebreide donderbuie het al die interlaer-atletiekbyeenkomste in Vanderbijlpark uitgereën. Organiseerders beoog om dié byeenkomste tydens of na Vaalweekblad se spertyd aft e handel.

Vaalweekblad versoek ouers en skole om foto’s en uitslae van die byeenkomste aan ettienne.vanrensburg@mooivaalmedia.co.za te stuur.

Hoewel meeste van die byeenkomste uitgereën het, het Vaalweekblad se fotograwe daarin geslaag om ‘n handjievol aksiefoto’s te neem voordat die hemelsluise oopgemaak het. Hiernaas volg ‘n fotobeeld van die Kring 1 interlaer wat by die Laerskool Park Ridge in Vanderbijlpark geneem is.
Bron: vaalweekblad.com