Categorized | Uncategorized

EMMIES WYS HULLE GEE OM

VANDERBIJLPARK. – Die Laerskool Emfulenipark se leerlinge het onlangs weer ‘n Emmies Gee Om-projek geloods.

Dié keer was dit in samewerking met Ilzé Saunders, ‘n finalis in die Miss Earth South Africa-kompetisie.

Die Emmie-gemeenskap het hulle harte oopgemaak en twee bakkies, asook ‘n bussie vol klere, nie-bederfbare produkte en skoonmaakmiddels geskenk. Ilzé het dit by verskeie welsynsorganisasies in die omgewing gaan uitdeel.

Die Emmies ondersteun ook die Go Green-veldtog van Miss Earth SA. Ilzé het die leerlinge toegespreek oor die Go Green-veldtog en ook ‘n geelhoutboom aan die skool geskenk, wat sy en van die leerlinge geplant het, want “Emmies love trees.”

Source: Vaalweekblad.com