Categorized | Uncategorized

Eerlikheid en integriteit hul motto

Park Paneelkloppers is ‘n familie-onderneming wat begin is op 1 Nov 1967 deur mnr. Gerhard Schuhknecht en sy eggenote, mev. Marie Schuhknecht.

Deur die verloop van tyd het die kinders en nou ook die kleinkinders by die onderneming aangesluit. Park Paneelkloppers het nog altyd gestrewe om ‘n hoë standaard te handhaaf en glo dat die kwaliteit van jou werk jou sal adverteer.
“Ons kliënte sal altyd ons eerste prioriteit wees. Die sukses van die onderneming word toegeskryf aan die feit dat ons glo eerlikheid en integriteit die fondasie van ons onderneming is. Ons sukses is ook natuurlik te danke aan ons hemelse Vader, want sonder Hom sal dit nie moontlik wees nie. Ook wil ons graag ons wonderlike personeel bedank vir hul harde werk. Ons is baie trots op julle en saam maak ons ‘n gedugte span uit. Baie van ons personeel is al 20 jaar en langer in ons diens,” sê hulle.
Die onderneming probeer ook om alle aankope binne die Vaaldriehoek te hou en aankope te doen met verskaffers wat al ‘n BEE gradering het om sodoende die plaaslike ekonomie te help stimuleer.
“Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om al ons getroue kliënte, versekeringsmaatskappye, makelaars en motorhandelaars te bedank vir hul volgehoue ondersteuning deur die jare,” sê hulle.

Bron: vaalweekblad.com