Categorized | Uncategorized

Een stop kersgeskenk boekmakietie

Van links is Karen Canale, San-Mari Erasmus, Lynette Botha, Annelien van Basten en Nandi Smit wat almal baie opgewonde is oor die reuse-afslag.

VANDERBIJLPARK. – Jou kop pyn seker al klaar wanneer jy dink aan al die Kersinkopies wat nog voorlê. Besige winkelsentrums, probleme om parkering te kry én ’n plat beursie na die tyd. Dit hoef nie so te wees nie!
By Carpe Diem Media se Boekmakietie kan jy op een plek ‘n oulike Kersgeskenk koop vir elkeen in jou familie en vriendekring – en dít spotgoedkoop.
Die Boekmakietie is elke jaar een van die Vaaldriehoek se hoogtepunte en g’n wonder nie! Al Carpe Diem Media se boeke (insluitend heelwat nuwe boeke) word weer eens teen slegs R10, R20 en R50 uitverkoop. Spesiaal vir Kersfees is daar dié jaar ook ‘n hele paar spesiale pakkette te koop. Koop Natasha Sutherland se topverkoper Sprokie vir slegs R50 én kry haar oudioboek Bittersweet gratis. Betaal R50 en kry twee van Susan Lemmer se opspraakwekkende boek: Ek wil hê jy moet weet – sy is steeds my kind. Koop ook twee moderne Bybels, twee Kweek kinders sakpasgidse of twee van God se storie vir slegs R50. Jy kan dus die perfekte geskenke vir almal wat jy liefhet koop teen pryse wat tot 70% afslag insluit.
“Die doel van die boekmakietie is om inspirerende boeke teen bekostigbare pryse beskikbaar te stel vir die gemeenskap. Kom koop dié jaar geskenke wat mense se lewens kan verander en opbou!” sê Leani Jansen van Vuuren, projekbestuurder.
Die Boekmakietie skop af op Saterdag 26 November en duur net tot Saterdag 3 Desember. Oudergewoonte is daar ook vir besige mammas of dié wat werk, voorsiening gemaak om na-ure te kom koop. Besoek die winkel op weeksdae vanaf 08:00 tot 19:00 of op Saterdag vanaf 08:00 tot 13:00.
Maak seker dat jy nie die Boekmakietie vir Kersfees misloop nie! Besoek die boekwinkel by die Carpe Diem Media-kantore in Hendrik van Eck-boulevard 123, oorkant Franco’s Little Italy vir ‘n koopervaring soos min.
Bron:  vaalweekblad.com