Categorized | Uncategorized

Dr Verwoerd se hoof tree af

Mnr. Chris Meyer (60, hoof van die Laer-skool Dr. Verwoerd, wat aan die einde van die jaar die tuig gaan neerlê.

MEYERTON. – Mnr. Chris Meyer (60), wat reeds vir 21 jaar hoof van die Laerskool Dr. Verwoerd was, gaan aan die einde van die jaar die tuig neerlê. Hy beplan om baie te reis en tyd op sy familieplaas deur te bring.
Hy het in 1990 by die skool begin toe hy as adjunkhoof aangestel is. In 1994 is hy as hoof aangestel, ‘n pos wat hy al die jare met deursettingsvermoë beman het.�
Volgens hom het hy dit geniet om met kinders te werk. “Dit is so lekker om te sien hoe hulle presteer. Die kinders se toekoms is in ons hande en dit is wat dit so ‘n groot verantwoordelikheid maak. Omdat ek so lank by die skool was, kon ek ook die leerlinge vir wie ek skoolgehou het, se kinders ontmoet en het selfs vir hulle skoolgehou,” sê hy.
“Een ding wat ek nie gaan mis nie, is die stres wat met die opvoeding van kinders gepaard gaan,” sê hy.
Bron:  vaalweekblad.com