Categorized | Uncategorized

BIKERS HELP DIE BRAKKE

SASOLBURG. – Die Tafel Ronde Sasolburg 41 het op Saterdag 11 Februarie hulle eerste ‘Oil Day Jol’ by hulle klubhuis in die dorp aangebied. Vir die wat leke in die motorfietswêreld is, ‘n ‘day jol’ is ‘n dag wat gehou word vir motorfietsklubs en geesdriftiges wat bymekaar kom en partytjie hou.

Die ‘Oil Day Jol’ is ten bate van die DBV gehou en alle fondse wat op die dag ingesamel is, word aan die plaaslike DBV geskenk. Die dag het om 10:00 afgeskop en het tot laat die aand aangehou. Daar is nie net lekker gekuier nie, maar ook goeie musiek gespeel. Verskeie groepe het opgetree, speletjies is gespeel, ‘n gelukkige trekking is gehou, asook ‘n kompetisie met katogorieë soos die mees oorspronklike fiets, skoonste fiets, ens.

Die Tafel Ronde bedank graag vir Eugene van Heerden (SecuriFence), Jelmic, Frans Lubbe (Gambian SA Engineering), Poolside Liquors (in Vanderbijlpark), Pavillion Sports Bar, SAB en Mochachos Sasolburg vir hulle borge en donasies. Al die Tafelaars, hulle wederhelftes, vriende en familie wat geldelike borge gegee het en ook hulle tyd en mannekrag opgeoffer het om van die dag ‘n sukses te maak, word ook bedank.
Bron:  vaalweekblad.com