Categorized | Uncategorized

Beste onderwyser nou hoof

VANDERBIJLPARK. ΓÇô ΓÇÿn Bekende onderwyser in die omgewing, mnr. Willem Coetzee is onlangs by die Laerskool Noordhoek as hoof aangestel.
Sy top-prestasies sluit onder meer die toekenning in as die beste onderwyser in die Sedibeng D7 en D8-groep se ΓÇ£Excellence in Primary School TeachingΓÇ¥-kompetisie wat jaarliks aangebied word.
Coetzee se onderwysloopbaan het in Namibië begin waar hy vir boesmans skoolgehou het en as hoof waargeneem het.
In 1989 het hy by die Laerskool Hendrik van der Bijl aangesluit met bevordering tot departementshoof by die Laerskool Noordhoek in 2001. Hy is in 2007 tot adjunkhoof bevorder.
Hy was destyds een van die eerste onderwysers wat ‘n dataprojektor en skootrekenaar in die klaskamer gebruik het. ”Vandag gebruik al die personeel by die skool gevorderde rekenaartegnologie,” sê hy. Coetzee se liefde vir kinders en sy noue betrokkenheid by hulle ontwikkeling het ook aan hom die top-toekenning tydens die Gauteng Kampioenskappe vir skole-revue die afgelope vyf jaar besorg.
ΓÇ£Ek glo dat die persoonlike skakeling met die kinders van groot belang is en bied self avontuurkampe aan om in voeling te bly met hulle.
“Die skool nooi alle kinders, ongeag ras of taal, om by ons aan te sluit. Kinders se ontwikkeling is ons eerste prioriteit,” sê hy.

Bron:  vaalweekblad.com