Categorized | Uncategorized

Besoek die besighede vir die beste diens

SASOLBURG. – Objectophilia is ‘n sindroom waar mense wat daaraan ly, smoorverlief raak op lewelose voorwerpe.

Diegene wat glo dit is menslik onmoontlik, het verseker nog nie ‘n Vetkoek Chef vetkoek geproe nie.
Quintin en Vic het hierdie hemelse vetkoekparadys in September 2009 geopen en kon sedertdien nie hulle hande uit die deeg hou nie. Die Vetkoek Chef het elke tipe vetkoek waaraan jy kan dink, en nog meer. Van jou normale vetkoek en maalvleis, tot ‘n ‘pig-en-chick’ vetkoek wat jou sal laat kwyl vir nog.
Hulle maak ook vetkoek ‘platters’ vir enige geleentheid, asook vinger-ete vetkoekies en Belgiese slaptjips.
Al hulle deeg en ander bestanddele word daagliks vars gemaak.
Hulle vetkoeke word gebak in palmolie wat 100% cholesterolvry is. Hulle ‘regular’ vetkoeke is +- 10cm x 13 cm en hulle ‘large’ vetkoeke is ‘n allemintige 20cm x 26cm groot. En die prys is nie net billik nie, dit is verspot goedkoop vir die vetkoek wat jy ontvang. Die eienaars is die hele tyd op die perseel om seker te maak die vetkoeke wat jy kry, is van die hoogste gehalte. Jy kan julle sommer skakel as jy ‘n bestelling wil plaas en dit dan net kom haal.
Die Vetkoek Chef skuif einde Maart na ‘n nuwe perseel en sal vanaf 1 April in hulle nuwe perseel langs Sasolburg Voer en Saad in Riemlandstraat wees. Hulle besigheidsure is van 9:00 tot 18:00 Maandag tot Vrydag en 9:00 tot 14:00 op ‘n Saterdag. Hulle kan by  (016) 973 3867   gekontak word.
Volgende jaar word daar ‘n nuwe winkelsentrum op die perseel ontwikkel en Vetkoek Chef het besluit om reeds deel te word daarvan. Daar gaan nege winkels wees, so hou die hoekie dop om te sien wat daar gebeur.
Hulle nuwe bure, Sasolburg Voer en Saad, is net die plek om al jou voer, saad en ander benodigdhede soos bakke en troeteldierspeelgoed ens. aan te skaf. Hulle spesialiseer in alles vir troeteldiere, vee voer. Hulle het voer vir mense wat met braaikuikens boer, varke, beeste, perde en skape. Hulle hou Epol en High-Performance voer aan, so kwaliteit is gewaarborg.
Hulle het ook ‘n groot verskeidenheid sade vir alle tipe voëls beskikbaar. Jou honde en katte, van baba tot volgroeid, se kos, speelgoed en ander be nodigdhede kan ook hier gekoop word. Soek jy bale? Vierkantig, rond, lusern, tef of eragrostis? Wel, hier’s jou antwoord. Sasolburg Voer en Saad hou dit aan. Hulle het ook AV Plus produkte vir voëls, hamsters en marmotte. Hulle het ook allerhande medisyne vir vee en gifstowwe vir miere, kokkerotte, termiete, muise ens.
As jy ‘n gesoute hengelaar of selfs net ‘n sosiale een is, kom koop jou visvang muti by Sasolburg Voer en Saad. Pensioenarisse kry afslag. Chris en Roxanne besit die onderneming vir die afgelope jaar en ‘n half en as jy enige vrae/bestellings het kan jy hulle by  076 913 3232  of   082 950 4547 kontak.
Hulle besigheidsure is 9:00 tot 17:15 Maandag tot Vrydag en Saterdag van 9:00 tot 13:00.

Bron: vaalweekblad.com