Categorized | Uncategorized

Baba kry kans vir beter lewe danksy ‘Wall of Life

VANDERBIJLPARK. ΓÇô Die spesiale projek “Jessica’s Wall of Life” het vir die eerste keer in twee jaar bereik presies waarvoor di├⌐ projek in werking gestel is. ΓÇÿn Pasgebore baba-seuntjie is verlede Maandag omstreeks 18:30 in JessicaΓÇÖs Wall of Life by die Cormed-kliniek gelos. Hy is die eerste baba wat daar gelaat is sedert di├⌐ projek op 29 Februarie 2008 in werking gestel is.

Volgens a/o Michelle Stephenson, woordvoerder vir die projek, is sy gekontak en ingelig dat die seuntjie in die muur gevind is.
“Hy is glo vroeër die dag gebore en het met geboorte sowat 3.7kg geweeg. Dit is die heel eerste baba wat hier gelos is en dien as ‘n bewys dat die projek werk! Die kind is gesond en is die aand in my sorg geplaas,” sê Michelle.
Die baba is die volgende dag aan ΓÇÿn oorsese onderneming gegee wat families help om kinders uit ons land aan te neem.
“Hy gaan die geleentheid kry om in ‘n beter huis groot te word. Ons sal nie sy biologiese ouers vervolg nie omdat hy gesond en sonder beserings in ons sorg geplaas is,” sê Michelle.
Enigiemand wat meer inligting oor die projek benodig, kan a/o Michelle Stephenson by 082 347 2461 kontak, die webwerf by www.jessicaswalloflife.org. besoek of vir haar ΓÇÿn epos stuur na michelle@jessicaswalloflife.org.za This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad