Categorized | Uncategorized

BAAS, JY HET OOK ΓÇÿN BAAS!

Onder ΓÇÿn slaaf wat skielik koning geword het, kan niemand dit uithou nie (Spr. 30:22). Die rede hiervoor is dat ΓÇÿn slaaf nie gewoond is aan die uitoefening van gesag nie. Die kanse is dus goed dat hy verwaand sal word en sy gesag sal misbruik vir eie gewin. Die arrogansie wat gesag soms by mense veroorsaak, sien ons veral by sommige politici wat skielik, sonder veel bekwaamhede, groot mag in die hande gekry het.

Soms sien ons ook dramatiese veranderings in die gedrag en persoonlikheid van mense wat in hulle werk bevordering gekry het. ΓÇÿn Persoon wat rustig en konsidererend was, verander skielik in ΓÇÿn manipulerende, bombastiese mens wat te groot vir sy skoene is, en mense onder sy gesag met minagting behandel. Magsdronkheid tree in, en gesag/ mag word aangewend om eie belange te bevorder en eie beursies vol te maak. God se opdrag om gesag aan te wend tot voordeel van die samelewing en tot bestryding van die kwaad, word ge├»gnoreer. Niemand kan daarop roem dat sy gesagsposisie nie ΓÇÿn versoeking vir hom kan word nie. As ons eers die lekker gevoel kry dat ons in beheer is, en dat ander spring as ons s├¬ ΓÇ£springΓÇ¥ en as ons eers agterkom hoeveel voordeel ons vir onsself kan bekom, dan l├¬ die versoeking vir ons en loer. Gesag moet getem moet word deur nederigheid en ΓÇÿn gesindheid van diensbaarheid en omgee. Gesagsdraers (bestuurders, werkgewers, base) moet hulle gesag uitoefen in opregtheid van hart as ΓÇÿn diens aan Christus (Ef. 6:5-9), ΓÇ£…omdat julle weet dat ook julle eie Here (Besitter, Eienaar) in die hemele is en by Hom geen aanneming van die persoon is nieΓÇ¥ (vs. 9).

Baas, onthou jy het ook ΓÇÿn Baas!

Mooivaal Media – Vaalweekblad