Categorized | Uncategorized

Avondrus Oktoberfest

VEREENIGING. – Re├½lings vir die Oktoberfest by Avondrus op 30 Oktober vanaf 08:00 tot 18:00 vorder flink.

VCR 90.6 FM Stereo se buite-uitsaai-eenheid sal teenwoordig wees en daar sal deurentyd ΓÇÿn verskeidenheid van vermaak, kompetisies en lootjielyste met talle opwindende pryse wees.

ΓÇÿn Verskeidenheid van handgemaakte artikels soos naaldwerk, hekelwerk, handgemaakte kerse, parfuum en skoonmaakmiddels sal te koop wees en daar sal ook ΓÇÿn “wit olifant”-tafel wees.

Kosstalletjies sal ook sorg vir smullekker pannekoek, boereworsrolle, hot dogs, hamburgers, gebak, lekkers, basaarpoedings en ΓÇÿn snoepie.

Daar sal ook uitstallers wees wat dienste en produkte aanbied vir die bejaardes. Enige aftree-oord of ouetehuis wat hul dienste wil adverteer, is baie welkom.

Gratis bloeddruk- en bloedsuikertoetse sal ook deurlopend beskikbaar wees.

Slegs ΓÇÿn beperkte aantal stalletjies van 3m X 3m sal beskikbaar wees teen ΓÇÿn nominale tarief. Enigiemand of organisasie wat belangstel in ΓÇÿn stalletjie moet so gou as moontlik vir Santie by (016) 428 4021 of Alan by 083 303 3676 kontak.

Nuusbron: Vaalweekblad