Categorized | Uncategorized

Arnold bult spiere by SA’s

 
 
VEREENIGING.

Alle F1-geesdriftiges weet dat renstel-wedrenne die poort na die Heilige Graal van motorsport is.
Daarvan kan die 21-jarige Arnold Benjamin Neveling getuig nadat hy onlangs op die Zwartkops-renstelbaan (karting) in Pretoria die gesogte Rotax Senior Max Nasionale Renstel-kampioenskap gewen het.
Maar dit is nie al nie Hy het sodoende gekwalifiseer om einde November in Al Ain, in die Verenigde Arabiese Emirate, aan die Rotax-wereldfinaal deel te neem.

Dit was lekker om bietjie vir n slag te wen. Ons was n paar keer naby, maar baie ongelukkig. Ek sien uit na die wereldkampioenskap. Ek sal baie tevrede wees indien ek onder die voorste ses jaers kan eindig. Daar gaan sowat 72 jaers van regoor die wereld deelneem,se hy.
Bykans elke F1-renjaer het hulle eerste tree op pad na die hoogste sport, in renstel gegee en dit is presies wat die gebore en getore Vaaldriehoeker besig is om te doen. Maar die roete na die kruin is een vol slaggate en uitdagings.
Dit is n baie duur sport en mens sal nooit in geldwaarde uitkry wat jy insit nie. Ek maak maar staat op vriende en klein beleggers om my aan die gang te hou. My droom is om in Europa deel te neem, maar dis almal se droom en dit is bietjie onrealisties. Ek wil graag in die plaaslike Rally-kampioenskap n voet in die deur kry, se die voormalige Europese kampioen.

Arnold volg in die voetspore van oud-Vaaldriehoeker en voormalige wreldkampioen, Wesley Orr, wat self in Vereeniging die fynere kunsies van die sport geleer het.
Hoewel Arnold al op motorsport heilig-domme soos Hockenheim in Duits-land deelgeneem het, is hy dit eens dat die renstelbaan in Vereeniging altyd baie spesiaal vir hom sal bly.
Die oud-leerling van die Laerskool Vryheidsmonument en die Hoer Tegniese Skool Vereeniging het as 5-jarige kannetjie sy eerste proesel van die sport, danksy huisvriende gekry en soos wat hulle se is die res geskiedenis.
Net soveel jaers as wat daar is, net soveel opinies sal daar wees, maar volgens hom is aanvoeling vir motorsport belangrik, maar niks klop harde werk en deursettingsvermoe nie.

Natuurlike talent help, maar mens moet hard werk en tyd agter die stuurwiel spandeer. Sonder dit gaan jy nerens kom nie se hy.
Hy gee ook ruiterlik te kenne dat sedert hy voltyds as spanbestuurder by Etienne Roos Racing begin werk het sy vrye tyd beperk is, maar dat hy steeds tyd inruim om in oefening te bly.
Bron: vaalweekblad.com