Categorized | Uncategorized

Wees lief vir jou vetjies – en verslank

 
 
Oorgewig mense wat sukkel om gewig te verloor, pak die hele saak dalk verkeerd aan. Dit gaan nie net oor beter eetgewoontes nie. Jy moet eers leer om lief te word vir jouself – ook vir die ΓÇ£vet jyΓÇ¥.
Navorsers van die Universiteit van Lissabon het nou bewys dat vetsugtige vroue wat leiding kry om hul selfbeeld te verbeter, vinniger gewig verloor as dié wat net ‘n dieet volg.
Vroulike diëters wat algemene gesondheidsinligting ontvang het, het in ‘n jaar se tyd 2% meer vet afgeskud as vroue wat net dieet het.
Diëters wat in groepsessies betrek is waar hulle oor hul dieetstuikelblokke en selfbeeldprobleme met mekaar kon gesels, was ook meer as 6% suksesvoller om gewig af te skud as vroue wat net op hul eie dieet het.
Die navorsers meen dat die meeste oorgewig mense ook ernstige selfbeeldprobleme het. Wanneer hulle gelei word om te verstaan dat hul eie siening van hul liggame baie belangriker is as ander mense se opinie oor hulle, is die fondasie gelê vir meer suksesvolle gewigsverlies.
‘n Swak selfbeeld lei maklik tot ‘n bose kring­loop. Die persoon voel dik en lelik en eet meer trooskos; sy word al vetter en dink al minder van haarself en beskou haarself as onaanvaarbaar vir die gemeenskap. Om beter te voel, eet sy soetgoed en ander trooskos en word net al vetter. Dié kringloop kan eers verbreek word as die diëter ‘n omgee-verhouding met haar eie lyf aanknoop en verantwoordelikheid oor haar eie liggaam aanvaar.
Ander mense se mening oor jou bou is minder belangrik as hoe jy self oor jou liggaam voel. As jy eers regtig besef hoe kosbaar jou liggaam is en jy ΓÇÿn sterk behoefte ontwikkel om jouself mooi op te pas, maak jou vetjies (en wat ander van jou dink) nie meer so baie saak nie.
Die vetrolletjies se belangrikheid word dus ondergeskik gestel aan jou omgee vir jouself en sal begin wegsmelt soos wat jy gesonder eet, oefening doen en jouself beter begin versorg.
Daarby is ‘n mens se brein baie goedgelowig. As jy vas glo dat jy gaan verslank en reeds pragtig is ondanks jou gewig, gaan jou brein jou op sy beurt help om te glo dat ryk kosse ongesond is, dat oefe­ning lekker is en hongerpyne glad nie so ondraaglik is as wat jy eers gedink het nie.
Begin net lief word vir jouself en waardeer jou liggaam, vetjies en al, en jy spog dalk binnekort met ΓÇÿn modellyfie!

Bron:  Vaalweekblad.com