Categorized | Uncategorized

Beste kope vir eerste kopers

- Beste vir eerste kopers
Met rentekoerse laag maar krediet moeilik bekombaar verkies baie jong kopers nou om kleiner en goedkooper wooneiendom te koop sodat hulle later kan aanbou.
“Maar as jy graag ‘n stewige vastrapplek in die mark wil bekom, is dit dalk beter om ‘n woonstel of meenthuis in ‘n goeie buurt te koop en dan na ‘n groter eiendom te verhuis wanneer jy meer leefruimte nodig het,” sê Jan Davel, besturende direkteur van die RealNet-eiendoms­agentskapgroep.
Hy wys daarop dat sonering jou planne om ΓÇÿn kleiner eiendom te vergroot deur aan te bou of boontoe te bou in die wiele kan ry, veral in gebiede waar erwe gewoonlik klein is en huise waar aangebou is buureiendomme in die skadu kan stel of inbreuk op bure kan maak.
“En selfs in buurte waar sulke beperkings nie ‘n rol speel nie, moet eienaars besin oor hoe omvattende huis­verbeterings die herverkoopwaarde van die eiendom kan beïnvloed.
ΓÇ£As jy byvoorbeeld ΓÇÿn huis so verbou dat dit soos ΓÇÿn seer duim tussen omliggende eiendom uitstaan, loop jy die gevaar dat jy in die toekoms gaan sukkel om dit te verkoop.
ΓÇ£Met ander woorde, so ΓÇÿn eiendom mag gans te duur wees vir die meeste voornemende kopers in ΓÇÿn laer-koste buurt en ook nie meer gegoede huiskopers se aandag trek nie omdat hulle waarskynlik ΓÇÿn meer gegoede buurt sou verkies, al hou hulle van die huis en kan hulle dit bekostig. Die gevolg is dat jy of jou erfgename daarmee opgeskeep gaan sit.ΓÇ¥
Dit is waarom RealNet jong en onervare kopers aanraai om liewer ‘n woonstel of meenthuis in die beste buurt wat hulle kan bekostig en wat na aan hulle werkplekke geleë is, te koop en hulle huislenings so vinnig moontlik af te betaal sodat hulle ekwiteit sowel as groei in die waarde van hul eiendom kan bewerkstellig.
ΓÇ£Daar is talle voordele aan so ΓÇÿn plan verbonde. In die eerste plek sal jy waarskynlik meer huis vir jou geld kry en/of in ΓÇÿn beter buurt kan koop aangesien geen BTW of oordragkoste op ΓÇÿn tweedehandse woonstel of meenthuis wat minder as R600 000 kos betaalbaar is nie.
“In die tweede plek gaan jy baie tyd en geld spaar as jy naby jou werkplek woon en jy sal dié geld kan aanwend om jou verband vinniger af te betaal terwyl jy ook ‘n kleiner risiko loop om jou eiendom te verloor indien rentekoerse skerp styg – ‘n moontlikheid wat eerste kopers met ‘n streng begroting gewoonlik bekommer.
ΓÇ£En derdens, as jy in ΓÇÿn goed-bestuurde deeltitelkompleks koop waar alle eienaars hul heffings getrou betaal sal jy jou nie oor onderhoud hoef te bekommer nie ΓÇô en dit sal bydra om die waarde van jou eenheid te beskerm sodat dit later makliker gaan wees om dit teen ΓÇÿn goeie prys te verkoop wanneer jy die dag besluit dis tyd om self ΓÇÿn groter eiendom te koop.ΓÇ¥

Bron:  Vaalweekblad