Annelie glo daar is nie ‘n kortpad vir sukses nie. “My leuse is: Doen ’n bietjie meer as waarvoor jy betaal word. Gee ’n bietjie meer as wat van jou verwag word. Probeer ’n bietjie harder as normaalweg. Mik ’n bietjie hoër as wat jy dink jy kan, geniet wat jy doen en sukses sal outomaties volg,” vertel sy.
Haar prestasies eindig ook nie by akademie nie. “Kultuur was nog altyd my forté. Ek neem elke jaar deel aan sangkunstefeeste, skoolkonserte, debat en redenaars. Ek het al deurgedring tot die ATKV redenaars se landsfinale. Ek speel ook al vyf jaar skaak vir die skool se eerstespan,” sê Annelie. Sy is die oudste dogter van Jannie en Linda du Plessis. Jannie besit verskeie besighede in die Vaaldriehoek en omliggende omgewing, en Linda is die vise-rektor van die Noordwes-Universiteit (Vaaldriehoekkampus).
“Matriek was ‘n besige, maar onvergeetlike jaar,” sê Annelie. “Tussen skool, vriende en familie het ons baie kosbare oomblikke gedeel!”
Bron: vaalweekblad.com