Tjokkerland-bulletjies kook!

VANDERBIJLPARK – Tjokkerland-kleuterskole het onlangs aan die Vodacom-Bulletjie mini-rugbydag deelgeneem in Centurion. Die klein spelers het alles uitgehaal en al die o/6 wedstryde teen die deelnemende skole gewen onder die bekwame afrigting van Ferdie Krogman, Gert van Wyk, Hennie van der Merwe en Jaco le Roux. Van die deelnemende skole was onder meer Wierdapark, Tygerpoort en Monumentpark en daar was sowat 4000 deelnemers. Tjokkerland het teen Vissershoek met 75-10 gewen!

Nuusbron: Mooivaal Media – Ster