Telkom beskerm sy eiendom

VANDERBIJLPARK – n Grootskaalse veldtog om Telkom se eiendom teen diefstal te beskerm is deur Enlightened Security in 2008 op die been gebring.

Die sekuriteitsmaatskappy is deur Telkom aangestel om sy eiendom in die omgewings van die Vaaldriehoek, Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap te beveilig.

“Die publiek word genooi om ons te help teen die misdaad wat die verbruikers jaarliks miljoene rand uit die sak jaag. n Beloning word gegee vir wenke wat lei tot die arrestasie van boosdoeners,” nooi Jaco Booyens, projekleier.

“Skakel 072 090 1740 en n ondersoekbeampte sal jou besonderhede afneem. Ons waarborg dat jy anoniem sal bly,” s├¬ Booyens.

Nuusbron: – Mooivaal Media – Ster