Tekkiefees is weer om die draai

VEREENIGING – Die gewilde Tekkiefees van HTS Vereeniging vind weer op 10 en 11 September plaas en die program, wat van die gewildste Suid-Afrikaanse kunstenaars insluit, gaan beslis weer duisende voete soontoe lok.

Die kunstenaars wat op Vrydag, 10 September gaan optree is:

  • 18h00 – Pieter Koen
  • 19h00 – Teerpad
  • 20h00 – Wasserval
  • 21h00 – Snotkop

Op Saterdag 11 September is die program soos volg:

  • 14h00 – Chriziaan
  • 14h30 – Raymond Ray
  • 15h00 – Tweeling
  • 15h30 – Zandr├⌐
  • 16h00 – Esti
  • 16h30 – Demi Moore
  • 17h00 – Pieter Koen
  • 18h00 – Hugo
  • 19h00 – Nadine
  • 20h00 – Rolmodelle wat bestaan uit Thys Bosveldklong, Zak van Niekerk, Jaco LAbuschagne & Vaatjie (Gerhard Odendaal)
  • 21h00 – Kurt Darren

Van die hoogtepunte van die fees sluit in:

  1. 4×4 kompetisie
  2. helikopterritte
  3. kunsmark
  4. uitstallers
  5. motoruitstallers
  6. raakrugby en ander aktiwiteite

Daar is nog plek vir uitstallers. Skakel 016-422 0636 of epos hoof@htsv.co.za

Nuusbron: Mooivaal Media – Ster