MEYERTON – n Goue bruilof is deesdae die uitsondering op die reel, maar twee egpare van Meyerton het dit reggekry om op dieselfde dag hul 50ste huweliksherdenking te vier en hulle is boonop ook huisvriende.
Mnr. Johan Jacobs (73) en sy vrou Josie (71), asook mnr. Willem van der Merwe (75) en sy vrou Estelle (73) het in Maart hul herdenkings gevier.
Albei egpare is steeds vir die afgelope paar jaar inwoners van Meyerton. Die Van der Merwe-egpaar woon reeds meer as tien jaar in Meyerton en die Jacobs-egpaar woon nou sowat 10 jaar hier. Dit is egter nie waar die ooreenkomste ophou nie.
Albei egpare is op 26 Maart in 1960, net n uur na mekaar getroud.
Die Jacobs-egpaar het om 14:00 en die Van der Merwe-egpaar het om 15:00 die knoop derugehaak.
Die egpare het elk net een strooimeisie gehad en albei strooimeisies het ligpers rokke gedra. Albei bruide het ook orgidee as ruiker gehad.
Die mans was in die onderwys en die vroue was sekretaresses. Mnr van der Merwe het as skoolhoof en mnr. Jacobs as adjunk-hoof afgetree. Albei egpare het drie kinders. Die Jacobs-egpaar het 2 seuns en n dogter en die Van der Merwe-egpaar het 2 dogters en n seun..
Hulle vier elke jaar hul herdenkings saam deur die dag saam deur te bring. Mnr. van der Merwe is die een wat gewoonlik die planne maak vir hul spesiale dag.
“My man organiseer altyd vir ons iets besonders en dan wag daar keer op keer vir ons n heerlike verrassing wanneer ons opdaag. Dit is wonderlik om so saam-saam die herdenkings te geniet. Ons is nou reeds sedert 1996 vriende en het waarlik familie van mekaar geword,” se mev. Josie Jacobs.
Die egpare het jare gelede op n toer na n toer na Namakwaland om te gaan blomme kyk, ontmoet en sedertdien blom hul vriendskap voort.
Die wenresep:
“Ons was maar almal brandarm toe ons getroud is, maar ons moes maar vasbyt en uithou. Ek sou se verdraagsaamheid is baie belangrik. Niemand is sonder foute nie. Mens moet maar leer om die foute oor te sien en mekaar so te aanvaar. Geloof is ook kardinaal. Jy moet op jou kniee bly, dit is die enigste manier om deur n krisis te kom,” se mev. Jacobs.