SASOLBURG – Sunette Bridges┬á het onlangs haar skitterproduksie “Let the music play” by die Ettienne Rousseauteater aangebied en diegene wat die┬á vertoning misgeloop het, kan voorwaar spyt wees.
Sunette het vir eens en vir altyd bewys dat sy ‘n kunstenaar in eie reg is. Sy voer tans ongetwyfeld die┬ábo-toon oor wat Suid-Afrikaanse sangers (en in besonder Afrikaanse sangers) op die hoog kan vermag.
Haar produksie het alles van dansers, spesiale vuurwerke, glans-uitrustings en natuurlik ‘n professionele sangvertoning ingesluit. Die harde werk is nie deur die kenners misgekyk nie en Sunette is onlangs bekroon vir die Beste SA verhoogprodukie vir 2010.
Ander meer gewilde hoofstroomsangers kan gerus haar voorbeeld volg en meer moeite doen as net in die kollig op die verhoog te staan en sing.
Tydens die vertoning het Sunette (natuurlik ‘n Valie in hart en siel, wat in Vereeninging grootgeword het) liedjies van haar nuwe album gesing. Vier van die liedjies is uit haar eie pen. Op die verhoog weerspi├½el Sunette ‘n volwasse sensualiteit wat haar musikale mondigwording beklemtoon.
Die musiek verklap ‘n hartstogtelike ritme van groei, verdieping en vreugde, wat waarskynlik deur haar drie maande besoek aan Parys, Frankryk, aangewakker is.
Kyk dus uit vir die pragtige vrou se vertonings. Sunette is terug, en sy doen dit met styl!
Nuusbron: Mooivaal Media – Ster