Suksesvolle fondsinsameling vir Villa Lubet

VANDERBIJLPARK – ‘n Fondsinsamelings-funksie┬á is onlangs ten bate van die Villa Lubet-kinderhuis by die Quest Conference Estate aangebied en danksy puik ondersteuning is R12 000 na afloop van die funksie aan die bestuur van die kinderhuis oorhandig.

Die gewilde Arno Jordaan was die gaskunstenaar. Plaaslike danseresse, Frankie van Niekerk en Carli Bresser en van haar dansers, het gratis dansvertonings gelewer.

Die organiseerders (The Nailhut), bedank al die borge en toeskouers wat die projek ondersteun het. Die borge is:  Sheila van Drapes for Afrika, Pieter van Riaan Pools, Riaan Bruwer, Eland Meubileerders, Sheet Street, The Nail Hut, Herman van Eron Cupboards en die Quest Confenence Estate.

Nuusbron: (Mooivaal Media – Ster)