Suid-Afrikaners se moreel kry 'n hulpstoot

Die vakbond Solidariteit het die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) verlede week geprys vir sy besluit om die rentekoers met 50 basispunte te verlaag en ges├¬ dat dit Suid-Afrikaners se moreel ‘n stewige hupstoot sal gee, sonder om privaatsektorkredietgroei onbehoorlik aan te blaas.

ΓÇ£Die ontnugtering van die resessie is in Suid-Afrika in ‘n mate deur die euforie rondom die Sokkerw├¬reldbeker uitgestel,ΓÇ¥ meen Dirk Hermann, adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit.
“Daarbenewens ervaar die gemiddelde Suid-Afrikaanse gesin in die tweede helfte van die jaar verhoogde finansiële druk net voor die Kersseisoen weer afskop,” voeg hy by.
Die gemiddelde skuld-tot-inkomsteverhouding van Suid-Afrikaners staan tans op ongeveer 80% (vir elke R1 inkomste wat iemand in die jaar verdien, het hy R0,80 se skuld). Teen die ou primakoers van 10% beteken dit dat hy 8% van sy inkomste aan rente op skuld moes bestee. Teen ‘n primakoers van 9,5% is dit slegs 7,6%. Hierdie verligting is natuurlik selfs ho├½r vir die talle mense wat skuldvlakke van oor die 100% van hul inkomste het.
ΓÇ£Hoewel ‘n lae rentekoers nie ‘n wonderoplossing vir die land se ekonomiese probleme is nie, sal die rentekoersverlaging Suid-Afrikaners help om uit die skuldstrik te ontsnap,ΓÇ¥ s├¬ Hermann. ΓÇ£Volgens konsensusvooruitskattings word daar ook nie verwag dat inflasie binnekort weer buite die teikenband sal beweeg nie en dit is daarom verblydend dat die SARB die ruimte vir ‘n rentekoersverlaging, binne hul mandaat van inflasieteikening, tot voordeel van vuisvoos Suid-Afrikaners gebruik het,ΓÇ¥ s├¬ hy.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad