Stokperdjie kry vinne

VANDERBIJLPARK. – ‘n Koi-kundige, mnr. Piet Kruger van Rietfontein in die Marlbank-omgewing, is tans besig om koi-visse ter waarde van duisende rand te keur in kategorieë vir broeipare en skouvisse onderskeidelik. Die visse sal gereed wees in September wanneer die publiek ook genooi sal word om van die visse te koop. Pryse wissel tussen R4 tot sowat R80 per vis.

Kruger spog daarmee dat dié stokperdjie hom baie plesier verskaf en dat hy reeds verskeie nasionale kampioenskappe (14 medaljes) met sy visse die afgelope ses jaar gewen het.
ΓÇ£Ek is tans die enigste Tosia Showa-teler in die land en ek verwag om weer die eerste plek in te neem met vanjaar se nasionale kompetisies.
ΓÇ£Van die visse is baie duur maar die moeite werd. Meer as 3 000 nuwe koiΓÇÖs is onlangs deur ΓÇÿn duursame koi (wat sowat R4 000 ses jaar gelede gekos het) uitgebroei,ΓÇ¥ vertel hy.
* Koi-liefhebbers kan hom by 082 925 6092 kontak of die webtuiste www.nishikigoiofniigata.com besoek vir meer besonderhede.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad