Sportdinee span die kroon op sport-uitnemendheid

VANDERBIJLPARK. ΓÇôDie Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU Vaal) het onlangs in hul beste sport-vere gepronk tydens die jaarlikse prestige Sportdinee. By hierdie spoggeleentheid is daar erkenning gegee aan verskeie prestasies wat op die sportveld behaal is.

Volgens mnr.. Sean McCallaghan, sportbestuurder, verteenwoordig hierdie jaarlikse gebeurtenis die hoogtepunt op die kampus se sportkalender en word kleure en ere-kleure aan verdienstelike spanne en individue toegeken.
Die bekende sakeman en sport-ikoon, mnr.. Bill Slater, die gasspreker vir die geleentheid, het die studente geloof vir hul toewyding en harde werk en dit gestel dat sport ‘n integrale deel van elkeen se lewe behoort te wees. In sy toespraak het hy gefokus op die voordele wat sport inhou en derhalwe die voor-die-hand-liggende voordele soos goeie gesondheid, ‘n gees van goeie sportmanskap, goeie interpersoonlike verhoudings en die vermo├½ om binne die dinamika van ‘n spanverband te funksioneer, het hy ook genoem dat sport m├⌐├⌐r as net ‘n tydverdryf kan wees. Met verwysing na homself het mnr.. Slater ges├¬ dat sport ook finansi├½le voordele kan inhou en dat sport ‘n individu se karakter vorm en hom of haar kan help om ‘n gevestigde en prof.essionele sportman of ΓÇôvrou te word.
In sy toespraak het die kampusrektor, prof. Thanyani Mariba, ges├¬ dat die kampus sy stempel duidelik op die sportveld afdruk en dat hierdie toekenningsgeleentheid ‘n gepaste manier is om ook die kampusgemeenskap se erkenning oor te dra.
“Elkeen van die sportmanne en –vroue wat vanaand vereer word, verdien om op die wennerspodium te staan,” het prof. Mariba gesê en bygevoeg dat sport op die kampus van krag tot krag gaan omdat die deelnemers gemotiveerd is en met trots die universiteit verteenwoordig.
Die hoogtepunt van die aand was toe vyf spesiale toekennings gemaak is aan die volgende sportlui:  Sportman van die Jaar (Wilfred Mandiza), Sportvrou van die Jaar (Motlalepule Sekete), Afrigter van die Jaar (Esau Telane), Belowendste Sportman (Mpondo Mbotho) en Belowendste  Sportvrou (Roselinah Genu).

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad