Skoonmaak-aksies in Sasolburg

Mnr. Jacques Stoltz, voorsitter van die Sasolburgse Sakekamer, skryf:
Die somer is hier in al sy glorie en almal is lus om tuin te maak en in die grond rond te vroetel. Die Sasolburgse Sakekamer in samewerking met die munisipaliteit, bied dan ook aan sakelui in Sasolburg die geleentheid om ΓÇÿn eiland ΓÇ£aan te neemΓÇ¥.

Verskeie besighede het reeds van hierdie geleentheid gebruik gemaak en is besig om hulle eilande mooi te maak.
In ruil hiervoor kan die besighede dan klein advertensieborde op die spesifieke eilande plaas. Ongelukkig waardeer nie almal hierdie pogings nie en word hierdie advertensieborde beskadig of selfs gesteel. Dit maak die betrokke sakeondernemings baie negatief en kan hierdie projek vinnig laat sneuwel.
As sakekamer wil ons graag ΓÇÿn beroep op die publiek doen om ons te help om Sasolburg weer mooi te kry en om asseblief gevalle van vandalisme en diefstal te rapporteer.
Verder wil ons ook ΓÇÿn versoek rig aan mense wat hul tuinvullis by die vullis van ons maandelikse skoonmaakprojekte gaan plaas vir verwydering, versoek om dit nie te doen nie. Ons doen baie moeite om die projek-area vinnig skoon te kry na afloop van ‘n projek en wil nie graag die publiek se tuinvullis ook verwyder nie.
Ons nooi graag die inwoners van Sasolburg om deel te neem aan ons maandelikse skoonmaak-aksies. Vir meer inligting rondom hierdie aksies kan u ons webtuiste besoek by www.sasolburg.net of vir Louis Botha kontak by 084 264 1233.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad