Hernieude ekonomiese groei en werkskepping moet verwelkom word as ‘n teken dat SA die resessie die hoof bied, maar al hoe meer Suid-Afrikaners begin besef dat ‘n salaristjek nie welvaart verteenwoordig nie. “En hulle wend hulle toenemend na die eiendomsmark vir antwoorde,” sê Hano Jacobs, uitvoerende hoof van die Realty 1 International-eiendomsgroep.
ΓÇ£Groot getalle Suid-Afrikaners soek nou verder as die ooglopende bates wat ΓÇÿn gereelde salaristjek kan koop ΓÇô soos klerasie, motors en vakansies ΓÇô en probeer om minstens ΓÇÿn deel van hulle inkomste aan te wend vir besparing of bates wat in waarde gaan toeneem en hulle in die toekoms gaan baat.
ΓÇ£En navorsing toon dat die top beleggingskeuse vir die meeste van hulle ΓÇÿn huis van hulle eie is ΓÇô en dis een rede waarom die nuwe verbandwaarborgfonds wat pas deur die Department van Menslike Vestiging aangekondig is so belangrik is.ΓÇ¥
Die waarborgfonds ter waarde van R1-miljard is daarop gemik om voornemende huiseienaars wat tussen R3500 en R9000 per maand verdien te help om verbandlenings by banke te bekom, verduidelik hy.
“Dié verbruikers was jare lank in ‘n dilemma vasgevang – hulle het te veel verdien om vir HOP-huise te kwalifiseer, maar te min om huislenings in die formele mark te bekom. Die nuwe fonds kan die situasie aanspreek en ons verwag dat duisende salaristrekkers soos byvoorbeeld onderwysers, verpleegsters en polisiemanne in die nabye toekoms huiseienaars gaan word.”
Die toename in behuisingsvraag in die opkomende middelklas, sê Jacobs, blyk uit die jongste statistiek van Eerste Nasionale Bank wat daarop wys dat swart kopers nou 34% of net meer as ‘n derde van alle aankope van wooneiendom verteenwoordig in vergelyking met 28% slegs ‘n paar maande gelede.
“Dié koopkrag behoort selfs verder toe te neem danksy die nuwe waarborgfonds en dit is goeie nuus vir ‘n gesonde uitbreiding van ons eiendomsmark oor die volgende paar jaar – asook vir welvaartskepping, wat die wese van ekonomiese bemagtiging is.”
Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad